

Ons Storie
Sy Weergawe
Saterdag 26 Februarie was 'n groot dag op die kalender vir my, aangesien dit die dag was wat ek my eerste maraton sou hardloop (min wetende). Derick het my genooi om daardie aand saam hulle na Appel (die kunstenaar) se konsert by Nampo te gaan waar hy en Elri 'n tafel bespreek het. Lau Maré was die aand ook daar, genooi deur Elri. Met etenstyd het Lau Maré vir my gaan skep en ons het vir die eerste maal langs mekaar gesit. Ons het dadelik baie lekker aan die gesels geraak. 'n Paar maande later het ons op ons eerste "date" gegaan waarna ek heeltemal verlief en verlore was, and the rest is history.

Haar Weergawe
Wie sou kon dink dat ek die man van my drome by 'n Appel konsert in die Nampo saal sou ontmoet, maar ek het vele kere in my lewe al besef die Here werk op interessante maniere (en plekke).
Dit was 26 Feb 2022. Ek was genooi deur een van my vriendinne om saam aan hulle tafel te sit by die konsert. Min wetend dat daar gekonkel was om my voor te stel aan die aantreklike ou met die groen oë wat oorkant my gesit het.
Dit het begin soos elke ander ontmoeting - deur 'n vrou wat kos aandra agter 'n man aan. Nadat ek aangesê is (deur Elri) om vir Henk kos te gaan skep,het ons begin gesels en dis toe wat ek besef het... nie net aantreklik nie, maar 'n mooi persoonlikheid ook en boonop nog iemand wat hou van die natuur en aktief wees. Die begin van 'n Groot avontuur!

Verblyf Opsies
Transkaroo Country Lodge - Britstown
Indien jy hier bespreek, noem dat dit vir die De Groot troue is.
Boutique Guesthouse - De Aar
La Provence Accomodation - De Aar
Geskenke
Jou teenwoordigheid by ons troue is al klaar vir ons 'n groot geskenk. Indien jy ons wil seën met 'n geskenk sal 'n koevertjie baie waardeer word.

Kleredrag
Semi-formeel
-
Kan ek 'n metgesel bringMetgeselle slegs per uitnodiging
-
Kom ons kinders saam?Alhoewel ons baie lief is vir al ons vriende en familie se kinders, sal daar ongelukkig geen kinders toegelaat word nie.
-
Is daar nog verblyf op die venue?Die venue is uitbespreek vir die bruidspaar en die gevolg. Ons wil graag he dat julle tot laat nog saam met ons fees vier, so daar is 'n lysie van baie mooi en naby akkomodasie op die webtuiste.
-
Wat trek ek aan?Die drag vir die dag is semi-formeel. Met 'n fokus op beweeg-vermoë om die meel op die dansvloer te laat spat.
-
Hoe laat begin die seremonie nou regtig?15h30 vir 16h00. Alhoewel baie bruide verkies om hulle bruidegom te laat sweet; is ons baie gretig om ons pad saam as getroudes te begin. So maak seker jy sit teen 16h00 om nie te mis hoe die bruid in die gang af stap (draf) nie...
-
Teen wanneer moet ek RSVP?Alle RSVP's teen 1 September 2023 asb.
Vrae wat jy dalk mag hê...
